Fase 4-beurtkrag duur voort, alhoewel Koeberg-krageenheid wat gisteraand onklaar geraak het, weer aanlyn gebring is
Eskom het Vrydagaand net voor middernag bevestig dat fase 4-beurtkrag tot verdere kennisgewing ingestel sal word.
Eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie is Vrydagaand weer in diens geneem, nadat dit vir 145 dae aaneenlopend aanlyn was. Dit is vanoggend weer aanlyn gebring.
Die instelling van fase 4-beurtkrag kom as gevolg van die onklaarrakings van ’n kragopwekkingseenheid elk by die Koeberg-, Medupi-, Kriel-, Arnot- en Lethabo-kragstasies.