AfriForum Jeug bied regshulp aan PUK-studenteleier wat onregverdig van KSR verwyder is
AfriForum Jeug het ingetree om ’n lid van die kampusstudenteraad (KSR) van die Noordwes-universiteit in Potchefstroom (Puk) met regshulp by te staan nadat sy uit haar amp verwyder is. Die jeugorganisasie beskou dit as ’n poging deur die universiteit om rasse-uitsluiting toe te smeer en die illusie te skep dat hulle wel daadwerklike aksie geneem het.