“Sy was maar 12 dae oud toe sy gesterf het. Voor my sien ek stukkende mense. Dit is nie lank nie, of Marina se gesig is weer nat van die trane, wat sy met ’n lappie afvee. In my gedagtes maal dit dat ons met pyn in die wêreld kom en weer met pyn daaruit gaan – ons eie pyn en ander s’n. Ek is op daardie oomblik weer diep onder die indruk van my gebrekkige wysheid as mens,” vertel ‘n dominee van Bloemfontein.

DEUR ENRICO CASALEGGIO (LiG)

Marina sit op ’n stoel in die effense privaatheid van die glaskamer. Die lys van sake wat haar so uitgeput daar laat sit, is bykans oneindig: Die geboorteproses, die slegte nuus van ’n baie siek, sterwende babatjie, min slaap, spanning. Tog wys sy trots, met ’n moeë glimlag haar eersteling vir my. ’n Glimlag wat vertel dat sy opreg glo dat haar babatjie die mooiste in die wêreld is.

Carla is inderdaad pragtig. Sy het die mooiste dooprokkie aan vir die geleentheid, kompleet met ’n geblomde hoedjie. Haar gesiggie en handjies steek uit. Die vingertjies krul om ’n kombersie se rand. Haar popgesiggie vertel nie die volle verhaal van hoe siek sy werklik is nie.

Lees die volledige berig op LiG se webtuiste deur hier te klik.

Die berig is oorspronklik op LiG se webtuiste gepubliseer en met vergunning hier geplaas.