André Fraser, stasiebevelvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) in Mosselbaai, het bevestig dat die NSRI Sondag om 14:37 geaktiveer is na aanleiding van berigte van die polisie se duikeenheid van ’n verdrinking by De Vette Mossel, naby die Groot-Brakrivier, in die Suid-Kaap.

NSRI-dienspersoneel was toe by die NSRI Mosselbaai-reddingstasie.

Die NSRI-reddingstuig, NSRI-reddingswemmers, By Grace-ambulansdienste, Mosselbaai Brand- en Reddingsdienste en Suid-Afrikaanse Polisiediens het op die toneel gereageer.

Met aankoms op die toneel het hul gevind dat ’n 50-jarige man, van Heroldsbaai, uit die water gehaal is en dat F kardiopulmonêre resussitasiepogings op hom uitgevoer het.

NSRI-medici het gehelp met KPR-pogings en is deur paramedici aangesluit.

Nadat alle pogings hom te help uitgeput was, is hy ongelukkig dood verklaar.

Die liggaam van die man is in die sorg van die polisie en staatsgesondheid se forensiese patologiedienste geneem.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.