Taxi beland in ‘n sloot en laat 25 beseer, insluitend kinders
Vanoggend is 23 kinders en twee volwassenes beseer toe die taxi waarin hulle gery het in ‘n sloot van die R101 in Klapmuts, Wes-Kaap, beland het.
ER24 en ander nooddienste is om 08h10 uitgestuur en het dadelik gereageer.
Met sy aankoms het medici ‘n taxi regop in ‘n sloot langs die pad gevind.
Verskeie kinders het naby die voertuig gesit terwyl ander na die SAPD-kantoor oorkant die pad gelei is.
Medici het die beseerdes behandel en gevind dat 23 kinders, tussen ses en agtien jaar oud, geringe tot matige beserings opgedoen het, terwyl twee volwassenes matige beserings opgedoen het.
Die beseerdes is behandel en later na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.
Die presiese besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.