Stad Kaapstad bied R5 000 beloning aan vir wenke oor aanvalle op sy behuisingsprojek
Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir huisvesting, het vandag onthul dat ’n nuwe sespunt-plan sal help om die Stad Kaapstad se behuisingsprojekte teen ’n toename in voorvalle van afpersing, misdadigheid en geweld te beskerm. Dit sluit ook onwettige okkupasie of kragtige gemeenskapsontwrigting van wooneenhede in.
Projekte van sowat R1 miljard is tans in gevaar.
“Stadsbehuisingsprojekte word al hoe meer aangeval deur misdadigers, afpersers en selfs lede van die gemeenskap. Sowat R2,8 miljard in totaal is vir menslike nedersettings oor drie jaar bewillig en die Stad Kaapstad sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen om die projekte te beskerm en ons regmatige begunstigdes te beskerm,” sê Booi.
“Maar die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet pogings opskerp om hierdie verskynsel te help stop. Tans bly 12 stadsprojekte ontwrig, wat sowat 4 500 behuisingsbegunstigdes raak. Groter optrede is nodig van die owerhede en ons gemeenskappe aangesien ons nie projekte kan voltooi sonder dat die gemeenskap saam met ons staan nie.
Die Stad Kaapstad se sespuntplan sluit in:
1. Werk nouer saam met die SAPD en doen ’n beroep op die NVG om pogings te verskerp om hierdie misdadigers aan te kla.
2. R15 miljoen se bykomende befondsing om sekuriteit by die projekte te versterk en verhoogde monitering.
3. Nog sake word deur die SAPD regoor die metro ondersoek.
4. Bied ’n R5 000 beloning aan vir inligting wat tot arrestasies lei. Lede van die gemeenskap mag anonieme wenke gee en dit is absoluut noodsaaklik dat ons gemeenskappe saamstaan met die Stad en wetstoepassingsowerhede.
5. Meer voete op die grond van die Stad se wetstoepassingshulpbronne om projekte en spanne wat op die grond werk te help beskerm.
6. Oproep tot aksie aan gemeenskappe om die Stad te ondersteun.
Lees meer: https://bit.ly/3HUlw4n