Die Gautengse departement van onderwys (GDO) het Maandag bevestig dat die dissiplinêre verrigtinge, met betrekking tot die voorval wat op 31 Januarie 2023 by Hoërskool Nic Diederichs plaasgevind het, op Sondag 12 Februarie 2023 gehou is.

Hierdie verrigtinge spruit voort uit ’n voorval wat vasgevang is in ’n video wat wyd op sosiale media versprei is, waar gesien is hoe ’n graad 10-seunsleerder na bewering ’n graad 10-meisie-leerder aanrand.

“As sodanig het die verhoor daartoe gelei dat ’n aanbeveling aan ons Departementshoof (HOD) gemaak is dat die genoemde leerder uit die skool geskors moet word,” sê Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement.

Gevolglik sal ’n finale besluit oor hierdie aanbeveling deur die HOD geneem word en dieselfde sal mettertyd gekommunikeer word.

“Weereens, ons veroordeel ten sterkste alle dade van wangedrag deur leerders teenoor ander leerders. Leerder se swak dissipline in ons skole sal met gevolge teëgekom word. Ons pleit ook by ouers om te help om dissipline op hul kinders af te dwing binne en buite die skoolomgewing,” het Mabona gesê.

Die meisie se ouers het ‘n klag van aanranding by die polisie aangemeld.

AfriNUUS het vroeër berig oor die voorval wat wyd op sosiale media versprei is. AfriNUUS verneem dat die geveg ontstaan het nadat die seun die meisie gekonfronteer het oor bewerings dat sy sleg van hom gepraat het. Meer inligting is nie bekend nie.

LEES OOK: