Santam: Eise vir skade aan sensitiewe elektroniese items as gevolg van beurtkrag styg met 60%
Santam, Suid-Afrika se grootste versekeraar, is oorval met medianavrae oor die impak van beurtkrag op versekeringseise.
Beurtkrag is nie ’n versekerbare risiko nie, maar versekeraars bied wel dekking vir skade aan sensitiewe elektroniese items wat deur kragonderbrekings veroorsaak word.
Santam het ’n toename van 60% in eise vir skade aan sensitiewe elektroniese items as gevolg van kragonderbrekings gesien.
Om toestelle te beskerm en veilig te bly tydens beurtkrag, raai Santam verbruikers en besighede aan om van stroombeskermingstoestelle gebruik te maak, seker te maak dat hul alarmstelsel in ’n goeie werkende toestand is, ’n flits of koplamp byderhand te hou, noodkontakinligting byderhand te hê, toestelle te laai en toestelle te ontkoppel gedurende beurtkrag.
Lees die volledige verklaring deur Santam hieronder: