Attie Blaauw, hoof van persoonlike versekering van Santam, het in ‘n verklaring aan AfriNUUS bevestig dat Santam ’n algemene uitsluiting op al sy polisse ingestel het vir skade wat plaasvind indien die nasionale kragnetwerk ineenstort.

“Die uitsluiting is ingestel weens ongekende fases van beurtkrag en druk van wêreldwye herversekeraars wat vereis dat Santam ons blootstelling aan sakeonderbrekingseise moet verminder wat voortspruit uit die ineenstorting van openbare nutsdienste (en openbare telekommunikasiedienste),” sê Blaauw.

Santam sal sy bestaande dekking opskort wat voorsiening maak vir die inhoud van yskaste en vrieskaste wat bederf as gevang van beurtkrag wat meer as ’n dag voortduur. 

“Santam sal voortgaan om dekking te verskaf vir kragstuwing-eise in ooreenstemming met die bepalings en voorwaardes vermeld in elke kliënt se kontrak, mits die kliënt vir hierdie dekking gekies het.”

Boonop word dekkingslimiete ingestel vir besigheidsonderbrekings op besigheidspolisse as openbare nutsdienste of openbare telekommunikasiedienste vou, met ’n vrywaringstydperk van drie maande. 

Premies sal hersien word om die verminderde dekkingbeperkings te weerspieël.

Eise wat spruit uit die ineenstorting van die kragnetwerk sal vir bestaande polisse geïmplementeer word vanaf 1 April 2023. Die uitsluiting sal toegepas word op nuwe besigheidskwotasies wat vanaf 1 Januarie 2023 aangevra word. 

“Ons sal kommunikeer aan beide direkte kliënte en makelaars voor hernuwing wanneer die uitsluiting in werking tree. Ons het ons makelaarsgemeenskap gewaarsku van hierdie hangende uitsluitings,” voeg Blaaw by.

Santam raai polishouers aan om die veranderinge met hul makelaars of versekeraars te bespreek.

“Alhoewel ons wens die omvang van ons optrede was nie nodig nie, is die kompleksiteit van die risiko al hoe meer en is dit die doeltreffendste oplossing om Santam se risiko’s te bestuur.”

Lees die volledige verklaring hieronder:

Santam_Statement-on-grid-failure-exclusion_February2023