AfriNUUS het laasweek die nuus bekendgemaak dat president Cyril Ramaphosa se straler op Maandag, 6 Februarie, weens “tegniese foute” ’n noodlanding moes maak.

Volgens defenceWeb sal President Cyril Ramaphosa se Boeing Business Jet (BBJ) nou vir ’n geruime tyd buite aksie wees ná ’n voorval by die Kaapstad Internasionale Lughawe waar die straler se stert beskadig is.

Aanvanklike berigte het aan die lig gebring dat die straler (‘Inkwazi’) ’n voël op die genoemde datum getref het, wat sy enjin beskadig het.

Foto: Ramaphosa se straler (Inkwazi) / Wikipedia

Dit het plaasgevind terwyl president Ramaphosa na Kaapstad gevlieg het om ’n toespraak by die Mynbou-indaba te lewer.  

Krygkor het SAL Tegnies aangestel om die vliegtuig te herstel.

LEES OOK: