In minder as ‘n week het president Cyril Ramaphosa ‘n nasionale ramptoestand weens die kragkrisis, en ‘n nasionale ramptoestand weens vloede in groot dele van die land verklaar.

President Cyril Ramaphosa het Maandagaand in ’n verklaring bevestig dat die regering vanaand nog ’n nasionale ramptoestand verklaar het “om intensiewe reaksie op wydverspreide vloede moontlik te maak”.

“Die regering het, ingevolge die Wet op Rampbestuur van 2002, ’n nasionale ramptoestand verklaar om ’n intensiewe, gekoördineerde reaksie moontlik te maak weens die impak van vloede wat Mpumalanga, die Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, die Noord-Kaap en Noordwes tref,” sê Ramaphosa in ’n verklaring.

Die Nasionale Rampbestuursentrum het ingevolge Artikel 23 van die Rampbestuurswet die impak van die huidige, bo-normale reënval in verskeie dele van die land – met Mpumalanga en die Oos-Kaap wat die meeste geraak word – as ’n nasionale rampgebied geklassifiseer.

Meer inligting volg.