Boutros May (30), ’n bekende rugbyspeler verbonde aan die Bridgton-rugbyklub, is Sondagoggend in die vroeë oggendure voor ’n kuierplek met ’n mes doodgesteek.

Kaptein Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het aan AfriNUUS bevestig dat die voorval Sondag om 03:00 voor ’n kuierplek in St. Johnstraat plaasgevind het.

Volgens van Wyk is May met ’n skerp voorwerp gesteek. Hy het egter aan sy beserings beswyk.

’n 24-jarige vrou is net daarna op aanklagte van moord in hegtenis geneem. Sy het vandag in die hof verskyn.

“Vandag is my hart in stukkies gebreek. Jou dood voel onwerklik, want ons het nog net gisteroggend ’n regular check-in gedoen met mekaar en jy was nog fine. Ons vriendekring is gebreek. Ek type die post met trane wat onophoudelik oor my wange loop. Die seer is onbeskryflik. Die band wat ons gehad het as Young Ambassadors is ’n band wat niemand ooit sal verstaan nie. Boutros May, ons is in rou gedompel,” lui ’n Facebook-inskrywing van een van sy vriende.

Bridgton-rugbyklub het gister in ’n verklaring op Facebook geskryf: “Vanoggend skrik ons as ’n klub wakker met die hartseer nuus dat ons geliefde Boutros “Boelie” May vanoggend oorlede is. Die klub wil graag medelye en simpatie betoon aan die familie in hierdie hartseer tyd van rou.”

AfriNUUS het uitgereik na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) vir meer inligting oor die hofverskyning.


Captain FC Van Wyk said: “Oudtshoorn police are investigating a murder case following a stabbing incident early this morning (Sunday) at about 3am in front of a night club in St Johns Street, Oudtshoorn, where a 30-year-old man was stabbed and fatally wounded.

“A 24-year-old woman was arrested on a charge of murder. She will appear in court on Monday on the mentioned charges.”