Groot styging in petrolpryse vir Maart verwag
Die Sentrale Energiefonds (CEF) se jongste data dui aan dat petrol- en dieselpryse volgende maand verder sal styg.
Hier is die jongste inligting:
- 95-oktaan-petrol: Styg met R1,16 per liter;
- 93-oktaan-petrol: Styg met R1,21 per liter;
- Diesel met 0,05% swael: Styg met 36c per liter;
- Diesel met 0,005% swael: Styg met 37c per liter; en
- Parrafien: Styg met 46c per liter.
Hierdie inligting is slegs ’n aanduiding van hoe brandstofpryse sou styg indien die pryse vandag vasgestel is.
Die nuwe brandstofprys tree Woensdag 1 Maart in werking.