Graad 11-meisieleerder sterf in ’n skoolbusongeluk, terwyl drie in ’n kritieke toestand is en 10 beseer is
Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het ’n voorval wat op Maandag 13 Februarie 2023 plaasgevind het, bevestig.
Daar word beweer dat ’n graad 11-meisieleerder van Protean Glen Sekondêre Skool 1 in ’n skoolbusongeluk oorlede is.
Volgens inligting tot ons beskikking in hierdie stadium het die voorval Maandagoggend op die R599 Randfontein-pad in Protea Glen plaasgevind. Daar word berig dat dit ’n private skoolbus is was wat veertien (14) leerders van Protea Glen Sekondêre Skool 1, Protea Glen Sekondêre Skool 2 en Laerskool Faranani vervoer het om die skooldag te begin.
Daar word verder beweer dat die busbestuurder beheer oor die voertuig verloor het nadat daar gesien is dat die voertuig voor hom ’n draai maak, maar hy het egter besluit om reguit aan te ry. Dit het veroorsaak dat die skoolbus omgeslaan het.
Ongelukkig het hierdie ongeluk gelei tot die dood van ’n graad 11-meisie-leerder. Van die ander leerders wat aan boord was, was drie (3) in ’n kritieke toestand terwyl tien (10) beserings opgedoen het. Al hierdie leerders is na verskillende mediese fasiliteite vervoer.
Die departement se sielkundige ondersteuningspan het na die ongelukstoneel gegaan, waar hulle die familie van die oorlede leerder ontmoet het.
Hulle het hul ondersteuning aan die gesin verleen en daarin geslaag om beradingsessies met hulle te skeduleer voordat hulle na verskillende skole voortgegaan het om diegene wat deur die voorval getraumatiseer gelaat is, verder by te staan.