Henbase Lodge, waar Willem Kruger na bewering verdrink het, het in ‘n persverklaring gesê die Familie Piekniek en gepaardgaande musiekkonsert en vertonings, wat op 18 Maart, 2023, sou plaasvind, is uitgestel.

Die verklaring lui as volg:

“Die ontydige en tragiese insident gedurende November 2022 waartydens mnr. Willem Kruger gesterf het, het die direksie van Henbase Lodge genoop om die beplande Familie Piekniek en gepaardgaande musiekkonsert en vertonings, beplan vir 18 Maart, 2023, uit te stel.

“Die insident voormeld, omringende en nagevolge het ‘n wye reeks publikasies in die gedrukte, elektroniese en sosiale media tot gevolg gehad.

“Verskeie vals, misleidende en negatiewe beriggewing ten opsigte van die Lodge, het die gevolg gehad dat verskeie rolspelers betrokke by die beoogde Familie Piekniek hulle kommer uitgespreek het oor die voortsetting daarvan in die huidige omstandighede.

“Synde die SAPD ondersoek na die insident, onafgehandel en in ‘n sensitiewe stadium is, het die direksie van Henbase Lodge, in behoud van hulle voortdurende samewerking met die ondersoek, besluit om die Familie Piekniek uit te stel ten einde die ondersoekers en alle belanghebbendes ‘n geleentheid te gun om hierdie aspek af te handel in die gees van Henbase odge se verbintenis tot deursigtigheid, eerlikheid en betroubaarheid.

“Verdermeer, is die belange van borge, kunstenaars, deelnemers en besoekers in ag geneemm en is daar deur die direksie besluit om sodanige belange, saam met die belanghebbendes by die ondersoek, se regte en belangte voorop te stel, bo dié van Henbase Lodge se kommersiële belange.

“Uiteraard is daar ‘n wye verskeidenheid van faktore wat aangelei het tot die besluit om die Familie Piekniek uit te stel, alles buite die beheer van die direksie van Henbase Lodge, waarvoor nietemin verskoning gevra word vir enige ongerief as gevolg hiervan.”

Klik hier om die volledige verklaring van Henbase Lodge te lees.