’n 58-jarige man is deur die gemeenskap aangekeer nadat sy vrou ontdek het dat hy hul buurvrou vanmiddag (Sondag) in haar huis in ’n informele area in Buffelsdraai, KwaZulu-Natal, verkrag het.

Inwoners het Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) om 12:34 vir hulp gekontak. Reaksiebeamptes en medici is onmiddellik uitgestuur en het met hul aankoms met lede van die gemeenskap vergader. Hulle het verduidelik dat die verdagte se vrou besig was om haar man by sy bure te soek toe sy ontdek het dat haar man seksuele omgang met haar het. Die vrou het haar man gevra om op te hou, maar hy het glo voortgegaan. Sy het daarna bystand van bure gevra.

Toe sy saam met lede van die gemeenskap terugkom, het hulle ontdek dat haar man steeds seksuele omgang met die vrou het. Hy het gevlug toe hy die skare sien nader kom. Inwoners het hom dadelik aangekeer. Rusa het na die slagoffer se woning gegaan en haar aan die slaap gevind. Toe sy wakker word, het sy Rusa-lede ingelig dat sy geen herinnering van die voorval het nie en steeds onder die invloed van alkohol was na ’n nag van baie drinkery.

Die verdagte en slagoffer is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig vir verdere ondersoek.