Tragies! Twee 15-jariges in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ’n tienermeisie in ’n parkie
Brianna Ghey is met talle beserings in ’n parkie gevind en is op die toneel dood verklaar.
’n Seun en meisie, albei 15 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ’n 16-jarige meisie in ’n parkie in Warrington, Engeland.
Brianna Ghey is Saterdag deur lede van die publiek by Linear Park in Culcheth, Cheshire, gevind.
Nooddienste is om 15:15 ontbied en sy is gevind waar sy met veelvuldige steekwonde op ’n paadjie gelê het. Sy is op die toneel dood verklaar.
Die tieners wat in hegtenis geneem is, is van die area en word in aanhouding gehou.
Volgens BBC is ’n aantal ondersoeke aan die gang en die polisie probeer om die “presiese omstandighede” rondom haar dood vas te stel.
“Op die oomblik is daar geen bewyse wat daarop dui dat die omstandighede rondom Brianna se dood haatverwant is nie,” het hy gesê.
Die polisie het vroeër gesê ’n nadoodse ondersoek vind plaas om die oorsaak van dood vas te stel.
Hulle het gesê beamptes gaan voort om die moordwapen op te spoor en ’n motief vir die aanval vas te stel.
- BBC, Sky News