Standard Bank-toep en aanlynbankplatform vanlyn – hier is die alternatiewe om te gebruik
Standard Bank het Sondag ’n onderbreking van sy toepassing en aanlynbankplatform op sosiale media erken.
“Jy mag dalk probleme ondervind om toegang tot ons mobiele bankdienste-toepassing en internetbankdienste te kry,” lui ’n boodskap op Facebook.
Volgens Standard Bank word die probleme tans deur sy tegniese span ondersoek, en sal die bank adviseer sodra die probleem opgelos is.
“Gebruik asseblief selfoonbankdienste deur *120*2345# te skakel en OTM’e as alternatiewe. Ons los die tegniese probleme dringend op en vra om verskoning vir die ongerief.”