Die Sentrale Energiefonds (CEF) se jongste data dui aan dat petrol- en dieselpryse volgende maand verder sal styg.

Hier is die jongste inligting:

  • 95-oktaan-petrol: Styg met R1,15 per liter;
  • 93-oktaan-petrol: Styg met R1,20 per liter;
  • Diesel met 0,05% swael: Styg met 39c per liter;
  • Diesel met 0,005% swael: Styg met 39c per liter; en
  • Parrafien: Styg met 52c per liter.

Hierdie inligting is slegs ’n aanduiding van hoe brandstofpryse sou styg indien die pryse vandag vasgestel is.

Die nuwe brandstofprys tree Woensdag 1 Maart in werking.

Daily-09-02-2023