PAS BEKEND | Voorlopige lykskouingsverslag dui daarop dat Willem Kruger wel “moontlik verdrink het”
Voorlopige verslae oor die dood van Willem Kruger, ’n 29-jarige boer van Grobersdal in Limpopo, wat in November 2022 verdwyn het, het aan die lig gebring dat hy moontlik verdrink het.
“Die lykskouingsverslag het teruggekom as “moontlike verdrinking”,” het provinsiale polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, bevestig.
“Ons sal egter vir die finale gedetailleerde resultate (die toksikologieverslag) wag, wat ’n rukkie kan neem,” het Mohala bygevoeg.
Volgens Mohala is dit nog net ’n geregtelike doodsondersoek na Kruger se dood en geen moordondersoek word ondersoek nie.
Volgens Mohlala sal geen verklaring uitgereik word nie, maar Mpumalanga se speurtak stel ondersoek in.
“Die ondersoek duur intussen voort.”
Sakkie Lourens van die Bosveld Ondersoekeenheid het aanvanklik gesê dat daar geen gemene spel vermoed word die nie.
’n Facebookgroep, #GeregtigheidVirWillem, en Trots Afrikaans, poog om antwoorde te kry oor wat gebeur het die op die noodlottige aand waar Kruger moontlik beheer oor sy voertuig verloor het en in die Vaalrivier beland het.
Brigadier Mohala sê dit is steeds onduidelik hoe toppolisieduikders in die eerste plek die bakkie kon mis toe hulle die area waar die bakkie ondersoek het, aangesien dit meer as 100 meter ver was. Die bakkie is eers 9 dae na die ongeluk gevind, nadat die polisie ander leidrade opggevolg het.
Talle besiegelings is die afgelope tyd op sosiale media gemaak.
Die spesialisondersoeker Mike Bolhuis het AfriNUUS ’n lang boodskap gestuur, waarin hy mense aanmoedig om nie “fopnuus” op sosiale media te versprei nie, aangesien dit die uitkomste van die ondersoek kan belemmer. Bolhuis was ook in die spesifieke ondersoek betrokke.
AfriNUUS sal nie enige bespiegelings hierop deel, totdat bewyse aan ons gelewer word nie.