Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa), Rolprent- en Publikasieraad (FPB) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Vrydag 10 Februarie toegeslaan op ’n perseel wat roof-DVD’s- en roof-CD’s in Gqeberha (Port Elizabeth) vervaardig.

FPB het in ’n verklaring gesê 1 537 onwettig verspreide en ongeklassifiseerde DVD’s en CD’s is gevind, ter waarde van R231 100.

“Een verdagte is in hegtenis geneem op grond van die verspreiding van materiaal sonder om by die FPB te registreer en die verspreiding van ongeklassifiseerde materiaal, waarvan sommige uiters onvanpas is vir kinders soos omskryf in die Wet,” het dit gesê.