Goedvoel Vrydag: ‘Ek vier ’n dekade van genade,’ sê 35-jarige, ná dubbele longoorplanting
SAAMGESTEL DEUR CONETTE LE ROUX
“Ek het die afgelope tien jaar soveel eerstes beleef! En ek is so dankbaar teenoor die destydse skenker. Hy het my die kans gegee om die lewe vir die eerste keer werklik te ervaar.”
Die 35-jarige Fawn Kruger van Johannesburg vier in Maart vanjaar die eerste dekade sedert ’n dubbele longoorplanting haar lewe in Maart 2013 gered het. Dis ’n gróót mylpaal, omdat Fawn tot dusver een van slegs 22 pasiënte in Suid-Afrika is wat ’n longoorplanting oorleef het. Só sê Transplant Education for Living Legacies (TELL). Boonop wys die statistiek uit dat ’n skamele 30,4 % van dié pasiënte tien jaar later steeds leef.
Voor haar longoorplanting was Fawn, toe 24 jaar oud, 24 uur per dag aan ’n suurstofmasjien gekoppel. Sy onthou: “Wanneer ek die suurstofpypie afgehaal het om my gesig te was, het my lippe dadelik begin blou word. En ek het lighoofdig gevoel.”
Lees die volledige berig deur hier te klik.
Die berig is oorspronklik op LiG se webtuiste gepubliseer en met vergunning hier geplaas.