Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Nomthetheleli Mene, het die puik pogings van lede wat betrokke was by die reuse-dwelmvoorval en die arrestasie van ’n 33-jarige verdagte in Mthatha vanoggend toegejuig.

Om ongeveer 10:10, terwyl hulle pligte in Mthatha uitgevoer het, het die taktiese reaksie-eenheid inligting opgevolg wat ontvang is van ’n verdagte persoon wat ’n silwer Toyota Etios bestuur. 

Die voertuig is in Nelson Mandelarylaan opgemerk en tot stilstand gebring. Die bestuurder van Gqeberha was alleen en die voertuig is deeglik deursoek. ’n Aansienlike bedrag geld is op die passasiersitplek gevind. ’n Verdere soektog het gelei tot die ontdekking van ’n groot besending mandrax-tablette wat in die deurpanele van die voertuig versteek is.

Foto: SAPD (Verskaf)

Altesaam 8 928 mandrax-tablette met ’n geraamde straatwaarde van R700 000 is gekonfiskeer. Die voertuig is ook geskut vir verdere ondersoek.

Die verdagte sal na verwagting Maandag, 13 Februarie 2023 in die Mthatha-landdroshof verskyn.