Kiernan Forbes (35), alombekend as AKA, is saam met sy goeie vriend, die sjef en entrepreneur Tebello ‘Tibz’ Motsoane, buite ’n restaurant vermoor.

Terwyl die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) eers bevestig het dat die man wat ook gesterf het sy lyfwag was, kon AfriNUUS vasstel dat dit egter sy goeie vried was.

Die twee was vermoedelik op pad na ’n nagklub vir ’n optrede as deel van AKA se verjaardagvieringe toe hulle geskiet is.

Die motief van die moord word ondersoek.

AKA het ure voor sy dood op sosiale media geplaas oor sy opkomende album, Mass Country, wat later hierdie maand uitgereik word.

  • BBC, SAPD