Duisende mense het aangebied om die babadogtertjie aan te neem wat gebore is onder die puin van ’n ineengestorte gebou in Noordwes-Sirië, ná Maandag se aardbewing.

Toe sy gered is, was baba Aya – wat wonderwerk in Arabies beteken – nog met haar naelstring aan haar ma verbind.

Haar ma, pa en al vier haar broers en susters is dood nadat die aardbewing die dorp Jindayris getref het. Aya is nou in die hospitaal.

“Sy het Maandag in so ’n slegte toestand aangekom, sy het stampe, kneusplekke gehad, sy was koud en het skaars asemgehaal,” sê Hani Marouf, die pediater wat na haar omsien.

Sy is nou in ’n stabiele toestand.

  • BBC, The Guardian